Afribooks

Afribooks is die grootste nasionale verskaffer van skoolhandboeke wat deur al die opvoedkundige uitgewers in Suid-Afrika uitgegee word en lewer 'n voortreflike diens in al nege provinsies. Afribooks verskaf ook skryfbehoeftes aan skole.

Struktuur

Afribooks se hoofkantoor is in Bellville met takke in:

  • Bloemfontein
  • Oos-Londen
  • Pinetown
  • Port Elizabeth
  • Randburg

Afribooks het 36 bemarkers landwyd wat leermateriaal aan skole bemark en bestellings werf. Die bemarkers word ondersteun deur twee besteladministrasie-afdelings in Bellville en Randburg onderskeidelik.

Suid-Afrika se beste

Onderrigsteunverskaffer Afribooks het onlangs die Sefika-toekenning vir die Beste Opvoedkundige Boekhandelaar in Suid-Afrika verower. Lede van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (UVSA) het gestem vir die beste boekhandelaars in die kategorieë opvoedkundig, akademies, handel en ontluikende boekhandelaar. As die land se toonaangewende onderrigsteunverskaffer van handboeke en skryfbehoeftes aan skole in al nege provinsies, is Afribooks bo-aan die lys van byna 200 boekhandelaars in Suid-Afrika. Die kriteria vir hierdie toekenning is onder meer professionele bedryf en bestuur, verskeidenheid voorraad relatief tot grootte, algehele atmosfeer, doeltreffendheid van bestel- en ontvangsprosedures, impak van winkeluitstallings, personeelgehalte, verhoudinge met verskaffers en gemeenskapsbetrokkenheid.

Kontak ons

Ndoyisile (Ndo) Stephen Miti
CEO: Afribooks
Tel +27(0)21 406 2972
Faks +27(0)21 406 2933
E-pos: nsmiti@afribooks.com

Besoek ons webtuiste by www.afribooks.com