IMAGES24.co.za / Fairlady

Klubs

Leserskring & Leisure Books is markleiers op die gebied van direkte bemarking van boeke, musiek, DVD's en verwante produkte in Afrika – en doen dit reeds vir langer as 25 jaar! Wat hierdie ondernemings so uniek maak, is die gebruik van ‘n konsep wat deur die toonaangewende Duitse uitgewer, Bertelsmann, gevestig is. Leserskring het 'n ooreenkoms met dié groep om hul internasionale ervaring met die Suid-Afrikaanse Klubs te deel.

Die klub-model behels dat lede gratis aansluit waarna hulle onderneem om vir ten minste 2 jaar lid te bly. Lede ontvang elke kwartaal 'n volkleur katalogus waaruit hulle minstens een boek moet bestel. Behalwe hul klubverpligting ten op sigte van boeke, kry Klublede ook geleentheid om CD's, video's en DVD's en ander produkte uit ‘n addisionele katalogus, MultiCat, te bestel.


'n Paar feite...

  • Leserskring en Leisure Books is in 1980 gestig. Na 25 jaar was meer as 450 van die stigterslede steeds aktiewe kliënte.
  • Gesamentlik spog die Klubs met ongeveer 200 000 lede.
  • Meer as een miljoen boeke word jaarliks deur Leserskring verkoop.
Kontak ons

Hoof van Leserskring: Lana Barnett
Tel +27 (0)21 595 9620
E-pos lbarnett@leserskring.com


Adres:
Posbus 857
Eppindust
7475
Suid-Afrika

Fairwaysingel 100
M-Web gebou
Parow
Kaapstad
Suid-Afrika

Tel +27 (0)21 595 8686
Faks +27 (0)21 595 8677
E-pos queries@clubfocus.com

Skakels na Webwerwe:
Besoek Leserskring by www.leserskring.com
Visit Leisure Books at www.leisurebooks.com