|
LuxVerbi.BM
LuxVerbi.BM is die nasaat van die oudste Suid-Afrikaanse uitgewer en kleinhandelaar wat eksklusief fokus op produkte vir Christene. Ongeveer 74% van Suid-Afrikaners beskou hulself as Christene. LuxVerbi.BM wil hierdie gemeenskap dien. Omdat LuxVerbi.BM glo dat Christene 'n belangrike rol kan speel in die heropbou en ontwikkeling van Suid-Afrika, wil dié uitgewer graag die nodige bronne beskikbaar stel.
LuxVerbi.BM sien homself ook as bondgenoot van kerke in die begeleiding van hul lidmate en probeer om in die wye reeks behoeftes van Christene in alle ouderdomsgroepe te voorsien.
LuxVerbi.BM se kliëntgerigtheid en strewe na uitmuntendheid is enkele van die redes wat meegebring het dat omsette sedert 1996 jaarliks groei. Voortgaande herstrukturering het die afgelope drie jaar gelei tot die volgende groeipunte:
- Die Uitgewery het sy produkreeks verbreed en publiseer tans onder ses logo's: LuxVerbi, Bybelkor, N.G. Kerk-Uitgewers, Protea, Hugenote en Waterkant.
- Om tred te hou met die lewenswyses van kliënte het LuxVerbi.BM, in samewerking met ander vennote, 'n uitgebreide internetdiens vir Christene geskep: www.christene.co.za of www.christians.co.za. Dit verskaf geestelike produkte van topkwaliteit, pastorale hulp, boekbesprekings, gemeentenuus, preekhulp, ensovoorts.
- Die INTERNATIONAL BOOK DIVISION (IBD) het die regte bekom om 26 internasionale uitgewers se produkte in Suider-Afrika te versprei.
LuxVerbi.BM bestaan
uit sewe sake-eenhede onder die leiding van Stephan Spies, Besturende
Direkteur.
Kontakpersoon:
Stephan Spies
Tel +27(0) 21 864 8210
E-pos sspies@luxverbi-bm.co.za
Kontak ons:
Besturende Direkteur: LuxVerbi.BM
Posbus 5
Wellington
7654
Tel +27(0) 21 864 8200
Faks +27(0) 21 873 7606
1. UITGEWERS
Publikasiehoof: Lambert Jacobs
LuxVerbi.BM publiseer jaarliks 200 titels in 23 kategorieë, hoofsaaklik in Afrikaans, maar ook in Engels. Toppublikasies word ook uit Engels en ander tale vertaal.
Die onderskeie kategorieë sluit in: aktuele publikasies, algemeen-christelik, teologie, bybelhulp, Bybels, gebed, kerkmusiek en sang, liturgiese en toerustingsmateriaal, troos & bemoediging, Bybelstudie, Bybelse dagboeke, geloofshulp, geskenkboeke, lewensvaardighede, naslaan- en opvoedkundige werke.
LuxVerbi.BM het in 2003 weer eens die meeste toekennings ontvang by die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid van die CBSA (Christelike Boekhandelaars van Suid-Afrika). Hulle het in twee kategorieë skoonskip gemaak.
Kontakpersoon:
Lizelle Terblanche
Tel +27(0) 21 864-8261
E-pos liz@luxverbi-bm.co.za
Kontak ons:
Posbus 5
Wellington
7654
Tel +27(0) 21 864-8261
Faks +27(0) 21 873-7851
2. GROOTHANDEL & BEMARKING
Bestuurder: Maryna Volschenk
Hierdie departement is verantwoordelik vir die bemarking van LuxVerbi.BM se produkte. Hulle konsentreer op produkopleiding en insentiewe-bonusse om handelaars te help om hul eie verkoopsdoelwitte te bereik.
Kontakpersoon:
Maryna Volschenk
Tel +27(0) 21 864-8272
E-pos emv@luxverbi-bm.co.za
Kontak ons:
Posbus 5
Wellington
7654
Tel +27(0) 21 864-8272
Faks +27(0) 21 873-0069
3. REKLAME EN MEDIASKAKELING
Bestuurder: Eben Pienaar
Hierdie groep fokus daarop om LuxVerbi.BM se skrywers en hul produkte aan die kliënt, die handel en die media bekend te stel.
Kontakpersoon:
Eben Pienaar
(Kleinhandelbestuurder)
Tel +27(0) 21 864 8237
E-pos epi@luxverbi-bm.co.za
Kontak ons:
LuxVerbi.BM Kleinhandel
Posbus 5
Wellington
7654
Sel 082 889 0756
Faks +27(0) 21 873 7845
4. INTERNATIONAL BOOK DIVISION (IBD)
Bestuurder: James Campbell
Die IBD verteenwoordig 26 Amerikaanse uitgewers in Suid-Afrika. Die beste titels van hierdie uitgewers is dus nou plaaslik beskikbaar en LuxVerbi.BM kan in die behoeftes van alle Christelike denominasies voorsien. Sterk groei bevestig die behoefte aan hierdie diens.
Kontakpersoon:
James Campbell (Bestuurder: Internasionale Boeke)
Tel +27(0) 21 864 8249/53
E-pos jca@luxverbi-bm.co.za
Sel 082 901 2687
Faks +27(0) 21 864 1817
Kontak ons:
LuxVerbi.BM ( I.B.D. )
Posbus 5
Wellington
7654
Faks 021 864 1817
|