IMAGES24.co.za / Fairlady

NB-Uitgewers

NB-Uitgewers is 'n uitgewersmaatskappy bestaande uit 'n verskeidenheid drukname, onder meer Tafelberg, Human & Rousseau, Pharos, Kwela en Best Books. Die drukname het elk hul eie onafhanklike redaksie wat gesteun word deur gesamentlike bemarking, administrasie en finansiële bestuur.

Die kernaktiwiteit is die publikasie van algemene boeke, in Afrikaans en in Engels. Die spektrum van publikasies wissel van Afrikaanse letterkunde, ontspanningslektuur, Engelse literêre werk, jeugboeke, geïllustreerde en massamark-kinderboeke, nutsboeke (soos kookboeke, tuinbou, huisvlyt, handwerk en so meer)en woordeboeke.

Kontak ons:

Eloise Wessels is besturende direkteur van NB Uitgewers

Persoonlike assistent:
Lana Billington
Tel +27(0) 21 406 2221
Faks +27(0) 21 406 3812
lbilling@nb.co.za

Straatadres: 12de Verdieping
Naspers
Heerengracht 40
Roggebaai
8012

Posadres: Posbus 879
Kaapstad
8000
Tel +27(0) 424 0041
Faks +27(0) 424 2510
E-pos nb@nb.co.za

Besoek NB Uitgewers se webtuiste by www.nb.co.za

Tafelberg-Uitgewers

Tafelberg-Uitgewers is veral bekend vir Afrikaanse literêre fiksie, gesaghebbende politieke publikasies, kinder- en jeugboeke in al die landstale en 'n wye verskeidenheid geïllustreerde asook nie-geïllustreerde nie-fiksie. Daar word ook 'n hele paar van Tafelberg se kinder- en jeugboeke in Zulu, Xhosa en Setswana uitgegee.

Kontak ons:

Straatadres:
12de Verdieping
Naspers
Heerengracht 40
Roggebaai
8012

Posadres:
Posbus 879
Kaapstad
8000
Tel +27(0) 21 406-3033
Faks +27(0) 21 406-3812
E-pos: tafelbrg@tafelberg.com

Besoek Tafelberg-Uitgewers se webtuiste by www.tafelberg.com

Human & Rousseau

Human & Rousseau is in 1959 gestig om hoofsaaklik Afrikaanse boeke uit te gee, maar publiseer tans ook 'n groot aantal Engelse titels. Die klem val op Afrikaanse literêre werke van gehalte, populêre lektuur, kinder- en jeugboeke vir die massa- en algemene mark, asook kook-, nuts- en aktuele boeke in Afrikaans en Engels. Die uitgewery gee ook boeke vir gebruik in die onderwys onder die druknaam Best Books uit.

Kontak ons:

Straatadres:
12de Verdieping
Naspers
Heerengracht 40
Roggebaai
8012

Posadres:
Posbus 5050
Kaapstad
8000
Tel +27(0) 21 406 3033
Faks +27(0) 21 406 3812
E-pos: humanhk@humanrousseau.com

Besoek Human & Rousseau se webtuiste by www.humanrousseau.com

Kwela

Kwela het in 1994 tot stand gekom om die Suid-Afrikaanse boekewêreld meer verteenwoordigend te help maak. Tot op hede het Kwela al tientalle boeke uitgegee, waaronder 'n hele aantal pryswenners. Die fokus is veral op literêre fiksie, outobiografiese vertellings en nie-fiksie met 'n kulturele inslag. Kwela spits hom toe op Engelse boeke, maar gee ook beduidende boeke en skrywers in Afrikaans uit.

Kontak ons:

Straatadres:
12de Verdieping
Naspers
Heerengracht 40
Roggebaai
8012

Posadres:
Posbus 6525
Roggebaai
8012
Tel +27(0) 21 406-3605
Faks +27(0) 21 406-3712
E-pos: kwela@kwela.com
Besoek Kwela se webtuiste by www.kwela.com

Pharos

Pharos is die woordeboekafdeling van die NB-groep en die enigste uitgewer in Suid-Afrika wat hom toespits op woordeboeke vir al die nasionale tale. Benewens 'n verskeidenheid staatmaker Afrikaanse en Afrikaans-Engelse woordeboeke, pryk op sy lys twee- en drietalige woordeboeke vir sewe van die ander landstale.

Kontak ons:

Straatadres:
12de Verdieping
Naspers
Heerengracht 40
Roggebaai
8012

Posadres:
Posbus 879
Kaapstad
8000
Tel +27(0) 21 406-3033
Faks +27(0) 21 406-3812
E-pos: pharos@pharos.co.za
Besoek Pharos se webtuiste by www.pharos.co.za

Best Books

Best Books is die opvoedkundige afdeling van NB Uitgewers en is in 1996 gestig. Hierdie afdeling van NB spesialiseer in en staan veral bekend vir die ontwikkeling van geïntegreerde taaltekste en taalreekse. Onlangs het Best Books ook Afrikaanse en Engelse literêre tekste met begeleidende onderwysersgidse vir die Verdere Onderwys-en-Opleidingsband begin ontwikkel.