Stimela Afrikaans Vlak 1 Fasiliteerdersgids

R578.90

Uiteindelik is daar ‘n Fasiliteerdersgids vir beskikbaar. Dit sal u met die enorme taak ondersteun om die taal vir volwassenes te leer. Dit word eenvoudig, interessant en prakties aangebied.

Hierdie reeks deur STIMELA vir Vlak 1 tot 4 is eenvoudig ‘n “moet” vir elke fasiliteerder.

 

View Cart
ISBN: 9781919813806
Categories: , , ,

Description

Uiteindelik is daar ‘n Fasiliteerdersgids vir beskikbaar. Dit sal u met die enorme taak ondersteun om die taal vir volwassenes te leer. Dit word eenvoudig, interessant en prakties aangebied.

Hierdie reeks deur STIMELA vir Vlak 1 tot 4 is eenvoudig ‘n “moet” vir elke fasiliteerder.

Hierdie reeks dek alle Eenheidstandaarde, Spesifieke Uitkomste en Assesseringskriteria vir Afrikaans volgens die nasionale voorskrifte. Die gidse sal verseker dat

– fasiliteerders die metodologie en aanbieding van ‘n taak in VBOO korrek aanpak.

– die nasionale beginsels, die inhoud en verband van Afrikaans Vlak 1 tot 4 gedek is en per Module of Eenheid uiteengesit word.

– assessering die regmatige plek in die leer en onderrig van VBOO-leerders inneem.

– spesifieke en daaglikse assesseringstake in oorleg met die riglyne ingesluit is.

– integrasie midde Tale en tussen ander Vakke of Leerareas ingesluit is.

– toepaslike assesseringsinstrumente en -rubrieke vir assessering wat aangeteken moet word, in beide die Fasiliteerdersgids en Leerderboek beskikbaar is.

– voorsiening gemaak is vir enige vorm van leergestremdheid, maar ook vir begaafde leerders.

Met hierdie weldeurdagte instrument in u hand, sal u u leerders kan ondersteun om met insig te redeneer en ongelykheid bloot te stel. Dit sal ander leerders help om probleme in die daaglikse lewe te identifiseer en op te los met metodes wat toepaslik is in die leer- en onderrigsituasie.