|
Van Schaik Boekhandel
Van Schaik Boekhandel, Suid-Afrika se grootste akademiese boekhandelaar, is landwyd gevestig. Hy beskik oor 49 akademiese takke wat voltydse, deeltydse en afstand- en korrespondensie-studente bedien. Die helfte van die takke is op kampusse gevestig, terwyl die ander in gewilde winkelsentrums of besige strate geleë is.
Toekomsstrewe:
Die voorkeur en leidende akademiese boekhandelgroep in Afrika.
Bestaansreg:
Die voorkeur Suid-Afrikaanse verskaffer van akademiese materiaal.
Waardes:
Respek, ingelig, uitnemendheid, kreatiwiteit en integriteit.
Wat bied ons?
Toeganklikheid en Diens:
Van Schaik Boekhandel het 49 akademiese takke landswyd binne bereik van studente verbonde aan die grootste tersiëre inrigtings van Suid-Afrika. Die winkels is daar om beide studente en dosente te akkommodeer.
Diens aan dosente:
Die dosent besluit slegs op n boek wat moontlik kan dien as voorgeskrewe boek vir studente. Hy of sy voorsien ons van die title, skrywer, isbn, hoeveelheid en datum verlang. Ons taak is om hierdie boek te bestel teen die mees koste effektiewe manier. Voor die finale bestelling word alle fasette met die dosent bevestig. Ons maak seker dat die boek beskikbaar is by die winkel soos met die dosent bespreek.
Diens aan studente:
Van Schaik Boekhandel bied aan studente n een-stop akademiese koopervaring. Ons winkels is gevestig binne loop afstand van tersiere inrigtings, bied aan studente n self-help winkel om boeke in hulle eie tyd te kies, opgeleide en ervare personeel om hulp te verskaf en al hul voorgeskrewe boeke. Benewens die voorgeskrewe boeke het ons ook skryfbehoeftes, mees populere tydskrifte en geskenkies in voorraad. Ons rekeningfasiliteit is daar om studente en ouers the akkommodeer met die aankoop van boeke gedurende die jaar. Studente het ook geleentheid om boeke te koop en te kwalifiseer vir ongelooflike pryse gedurende die semester promosies en kompetisies by takke landswyd.
Vir meer inligting oor ons winkels, besoek www.vanschaik.com
Agtergrondskets
Op 1 Julie 1914 het Johannes Lambertus van Schaik 'n boekwinkeltjie
wat in Christelike literatuur, tydskrifte en skryfbehoeftes spesialiseer,
in Kerkstraat, Pretoria geopen. Die daaropvolgende jaar het die eerste
boek onder die naam JL van Schaik verskyn - die eerste van baie wat
sou volg: skoolboeke in 1918, 'n klein tweetalige woordeboek (Kritzinger
& Steyn) in 1921, gevolg deur sy eerste Noord-Sotho-skrywer, MJ Madiba,
se Tsiri in 1942.
Aan die einde van die vyftigerjare is nog takke van die boekwinkel
in Sunnyside en Hatfield, Pretoria geopen. In 1986 verkoop Hans en
Jan van Schaik die onderneming aan Via Afrika, die boeke-afdeling van
Naspers.
Vandag is Van Schaik Boekhandel Suid-Afrika se spesialis in die
voorsiening van akademiese handboeke in die tersiêre mark. Dié boekwinkels
verskaf tans boeke aan meer as 40 van die residensiële en afstandonderrig-universiteite,
-technikons, -kolleges en ander tersiêre inrigtings regoor die land.
Hierdie inrigtings word deur 'n netwerk van 49 takke bedien.
Van Schaik Boekhandel bied ook aan die mediese professie 'n wye
reeks boeke en dienste in Johannesburg, Kaapstad, Bloemfontein en Durban.
Kontak ons:
Dirk Uys, Uitvoerende hoof
Kontakpersoon:
Hilton Ruthford
Handelsmerkbestuurder
Tel +27(0) 21 918 8400
E-pos Hilton@vanschaik.com
Besoek VS Boekhandel
se webtuiste by www.vanschaik.com
|