|
Van Schaik Uitgewers
Van Schaik-uitgewers (VSU) publiseer akademiese handboeke (beide in harde-kopie
en elektroniese formaat) vir die tersiêre mark. Die vakgebiede
waarin dié uitgewery publiseer, is:
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
- Sosiale Wetenskappe
- Opvoedkunde
- Publieke Administrasie en Bestuur
- Rekeningkunde en Regte
- Natuurwetenskappe
- Geneeskunde
- Medies en Verpleegkunde
- Tale
VSU het ook 'n kleiner afdeling wat skoolboeke uitgee met die fokus op Afrikataal-letterkunde.
VSU is die enigste akademiese uitgewer in Suid-Afrika wat nog aktief
akademiese tekste vir die tersiêre mark in Afrikaans uitgee.
VSU streef daarna om akademiese bronne met relevante plaaslike inhoud
en van 'n hoë gehalte teen bekostigbare pryse te publiseer. Dié
sake-onderneming word tans geposisioneer as verpakker/ herverpakker
van bestaande en nuwe akademiese inhoud. As multimedia-uitgewer is VSU
se doelwit vir die nuwe millennium om 'n toonaangewende platform te
wees vir die verskaffing van akademiese inhoud, in enige formaat, in
Suider-Afrika.
Produkte
Van Schaik-uitgewers se produkte sluit die volgende in:
- Akademiese handboeke
- Letterkunde vir die skolemark
- Boeke vir die korporatiewe mark
- Boeke in inheemse tale as deel van ons sosiale bewustheidspublikasieprogram
- Elektroniese produkte
Kontak ons:
Leanne Martini is die hoof uitvoerende beampte van Van Schaik-uitgewers
Tel +27(0) 12
342 2765/66
Faks +27(0) 12 430 3563
E-pos vanschaik@vanschaiknet.com
Adres
Arcadiastraat 1064
Hatfield
Pretoria
0083
Suid-Afrika
Posbus 12681
Hatfield
Pretoria
0028
Suid-Afrika
Besoek Van Schaik-uitgewers
se webtuiste by www.vanschaiknet.com
|